© Alfa Pastorale Praktyk & Zama Zama Hope 4 U Foundation

Dr. Jan Botha

My persoonlike vehouding met die Drie-enige God as sy gestuurde asook my vrou Hanlie ons twee kinders, skoondogter en kleinkind vorm die kern en passie van my lewe!

KWALIFIKASIES

Grade verwerf: BA (Hoofvakke: Wysbegeerte en Sosiologie). UV 1979. BA Honneurs in Wysbegeerte met spesialisasie in Christelike Etiek (36 verskillende etiese vraagstukke is hanteer). UV 1980. BTh met spesialisasie en ‘n skripsie in Nuwe Testament UV 1983. Diploma in Teologie UV 1984. MA in Praktiese Teologie met spesialisering in Pastorale Gesinsterapie. UP 2001. MTh in Missiologie in Bedieningspraktyk: Missionale Transformasie US Cum Laude 2011. MTh in Nuwe Testament met spesialisering in Gender en Gesondheid. US 2014. PhD in Praktiese Teologie met spesialisering in Pastorale Gesinsterapie. UP 2003. Sertifikaat in Huweliksberaad en Voorligting. UNISA 1988. Sielkunde en Bedryfsielkunde. UNISA 1989 – 1992. Datum van legitimasie: 1984 UV

BEDIENINGSONDERVINDING

1 Valskembataljon: 1985-1986 Diensplig kapelaan (Voltydse pos) Weermag: 1987-1990 Inligtingsoffisier SAGD Floraunapark: 1990-1995 Jeugwerk (60% pos) Florauna: 1995-2007 Tentmaker Predikant (Visioneerder, jeug, pastoraat en omgeegroepe: 7 Kollegas) (70% Pos) Eloffsdal: 2007-2011 Tentmaker Predikant (Eenman gemeente) (70% pos) Mootvallei: 2011- 2022: Tentmaker Predikant (Visioneerder, voorsitter van Kerkraad, pastoraat, Sentrum van Hoop en omgeegroepe: 7 Kollegas) (90% pos) Nederduits Gereformeerde kerke Florauna en Petronella Pretoria na aftrede vanaf Maart 2023 Alfa Pastorale Opleiding, Berading en Gemeenskapsentrum (My privaatpraktyk 1987- ) Werk by die Zama Zama informele nedersetting as pastorale berader en is ook die CEO van Zama-Zama Hope 4 U Foundation

SPESIALISGEBIEDE

Prediking Omgeegroepe Pastoraat Senior lidmaat bediening Gesins- en huweliks toerusting Missionale betrokkenheid - NPO’s en netwerkvorming Bybelskool/toerusting Lewensafrigting

HOOGTEPUNTE

Ek bedryf die Alfa Pastorale Opleiding, Berading en Gemeenskapsentrum (My privaatpraktyk) sedert 1987 as spesialis berader en afrigter met die verskeie spesialis terreine.Ek spesialiseer hoofsaaklik in die volgende velde en bied ook talle kursusse en praatjies daaroor aan: Voorhuwelikse beraad, huweliks/verhoudingsverryking, egskeiding mediasie/egskeidingsberaad, tienerberaad, huweliks en gesinsberading, alkoholisme & afhanklikheid, depressie/post traumatiese stres, selfbeeld/selfsorg, homoseksualiteit, traunaberading, lewensafrigting en die bestuur van verandering/leierskap ontwikkeling. In opdrag van Noordelike Sinode se Moderatuur skryf ek besigheidsplanne vir die NWO Mootcae en later ook van Zama-Zama: Hope 4 U Foundation en is of was by beide betrokke. Tree op as die CEO, koördineerder en netwerker van die Zama-Zama-projek, ’n ontwikkeling in ‘n informele nedersettings asook die weste van Pretoria wat deur ‘n multi-professionele span hanteer word. Dien op die beheerrade van verskeie CMR’s, Huis Berg en Dal, Castle Carey, Mon-Ami, Tutele Plek van Veiligheid, Daspoort-Poli-kliniek en Oos-Forum Betrokke by die akademie: Tree gereeld op by die Universiteite van Pretoria, Stellenbosch, die Vrystaat en UNISA as eksterne eksaminator vir Honneurs- en Meesters- grade, is navorsingsgenoot en Vak-adviseur in Praktiese Teologie van die Kuratoruim van die Universiteit vaan die Vrystaat. Dit is ook die 9de jaar dat ons die sertifikaat kursus in Teologie, berading en bemagtiging aanbied wat geakkrediteer is deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. (120 VBO punte) en geëvalueer en geregistreer deur die Council for Pastoral and Spiritual Counsellors- CPSC (20 CPSC/CPD punte) Op Algemene Sinodale-vlak is ek sedert 2008 die voorsitter van die Taakspan vir Diversiteitsbestuur en geslagsgelykheid, en voorsitter van die kommunikasie-bestuurspan van die Diversiteits-forum van die NG Kerk. Ek was bevoorreg om as lid van ‘n studiegroep van die NG Kerk vanaf 12-26 April 2010 ‘n besoek te bring aan Engeland en Nederland . Ons het ondersoek gaan instel en nagevors hoe “’n Nuwe soort Kerkwees” moontlik is in ‘n postmoderne tyd. ‘n Ministeriële aanstelling deur die Minister van Justisie, Kobie Coetzee, as Gesinsraadgewer/mediator by die kantoor van die Hoof- Gesinsadvokaat, prof. Francis Bosman, in Pretoria vanaf Mei 1991 tot op hede. As vryskut joernalis skryf ek ook boeke en verskeie artikels. “Ons moet oorgee, omgee en aangee” In: Botha, Jannie (red.). Ja vir Jesus, nee vir die kerk. Lapa Uitgewers: Pretoria.( Die boek handel oor kerkloos- en kerklosheid, en is ‘n samestelling van verskillende skrywers, uit verskillende perspektiewe) 2001. Asook my eie boek: “‘n Suksesvolle egskeiding: Stories van hoop. Magalies Trust: Pretoria. 2006 met ‘n volblad resensie in die Rapport. Word tydens Noordelike Sinode se sitting in Oktober 2016 aangewys as die voorsitter van die Taakspan Leierskapontwikkeling tot en met 2020 se Sitting. Dit is een van drie kern taakspanne van die sinode en fokus areas naas die Jeug en Missionale Transformasie vir die volgende 4 jaar: 2020. Tree ook op as sameroeper van die luisterspan tydens die en die vorige sinode Mon-Ami is ‘n nie-winsgewende organisasie wat Trauma-Troopers oplei wat saam met die polisie, brandweer en ander nooddienste hulp verleen in noodsituasies waar trauma beleef word. Tans bedien ons talle polisiestasies (reeds vier in die Moot), hospitale en ander nooddienste. Ons lei ook drie keer per jaar 25 Trauma-Troopers op met ‘n 13-weke opleidingskursus wat deur spesialiste aangebied word. Ek tree op as voorsitter en is ‘n opleier en koördineer saam met Dr Retha Kruidenier. Het as mede-dosent saam met prof. Lien van Niekerk van die Fakulteit Opvoedkunde, UNISA, geskryf aan die een-jaar sertifikaatkursus in Christelike jeugberaad (1997- 2001). In 1982 word ek gekies as raadslid op die Nasionale Hoofbestuur van die Junior Rapportryerbeweging in die RSA vir die streek Vrystaat en Noord-Kaap wat uit 66 korpse bestaan. Op 24-jarige ouderdom is ek die jongste raadslid in die geskiedenis van die beweging en die Rapportraad. Vanaf 1982 to 1990 dien ek op die Raad van die Beweging in die RSA; vanaf 1984-1986 as ondervoorsitter van die Beweging. Ek word deur professor Nelis Niemandt opgevolg. Tree op as die leier van die leesspanne van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes in Suid-Afrika vir alle areas noord van die Kaapse sinodale gebied. Ek is bevoorreg om een van die Gauteng-leiers, asook ‘n Klusterleier van die Pretoria-groepe van die Vennootskap te wees. Noordelike sinode stuur my in Oktober 2008 om trauma berading te doen en te medieer ‘n Zimbabwe met die Lanbou unie asook verskeie gesinne. Tree gereeld op Kruiskerk se televisiekanaal op. Ek is ook betrokke by gereelde radiopraatjies/reekse by Radio Sonder Grense, Radio Kansel, Radio Namakwa, Groot FM en Pretoria FM.
Alfa Pastorale Praktyk